JF OESTER

‘n Hart vir Onderwys

by | May 9, 2024 | 0 comments

Ons is vol blydskap in ons harte om vir juffrou Clarissa Smit, Jim Fouché se nuwe Tegnologie-onderwyser vir graad 8 en 9, te verwelkom.

Met ’n ware passie om ander mense te help, bring juffrou Clarissa ’n warm en sorgsame benadering tot onderwys. In ’n ander lewe sou hierdie juffrou ‘n verpleegster wees, maar sy is toe, gelukkig vir ons, op die onderwyspaadjie gesit. Sy hou al vir vier jaar skool.

As sy haarself in een word kan beskryf, is dit “perfeksionisties.” Tog is haar motto “Go with the flow,” wat beteken dat sy ’n goeie balans het!

Sy is baie groot op familie en sy kan nie sonder haar man, Erhard Smit, en haar twee kinders, Milienke en Erasmus, lewe nie. Dit is ook haar gunstelingtydverdryf om saam met hulle tyd deur te bring.

Sy sê: “My eerste week hier by JF was besig, maar ek sou dit nie anders verkies nie, ek kry hoendervleis om te sien hoe 1000 kinders op n Woensdag oggend ons Pappa God prys.”

Haar groot droom in JF is om te sien hoe jongmense ontwikkel en nuwe vaardighede aanleer. Ons wens haar sterkte toe op hierdie nuwe pad en hoop dat haar bloed sommer vinnig groen sal vloei.

Berig deur: Theani Botha

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

Oester Nuus Apr 30, 2024

JFFJ – Geloof brand in ons harte

Daar is soveel waardes wat vir JF belangrik is, maar geloof is beslis een van dié wat beklemtoon word. Talle skoolhoofde veg jaarliks om Christenskap in hulle skole te behou. Ons skoolhoof is definitief nie ‘n uitsondering nie.

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *