Hou jou op hoogte met JF
NUUS
Dit is nou uiteindelik tyd om die aap uit die mou te laat …
Provinsiale kamp groot avontuur
EISH, MAAR JF IS LEKKER!
Wie kraai vanjaar koning by die Classic Clash?
Op 6 Mei het die groot week aangebreek. Daar was ’n elektriese atmosfeer onder die JF’ers soos hulle in groen by die skool opgedaag het. Die VRL het ook gesorg dat elkeen met ’n groen of oranje ballon op hulle skooltasse pronk.
Wat het op die 40ste dag gebeur?
In die Bybel is 40 ’n getal wat dikwels voorkom. Maar die een waarna ek verwys, is die 40 dae ná Jesus se kruisiging en opstanding uit die dood.
JFFJ – Geloof brand in ons harte
Daar is soveel waardes wat vir JF belangrik is, maar geloof is beslis een van dié wat beklemtoon word. Talle skoolhoofde veg jaarliks om Christenskap in hulle skole te behou. Ons skoolhoof is definitief nie ‘n uitsondering nie.
MNR & MEJ JF … Sowaar ‘n spoggeleentheid
Mnr en Mej JF is beslis nie nét ’n skoonheidskompetisie nie, maar ’n aand van pret, kreatiwiteit en spanwerk! Die deelnemers werk en oefen baie hard vir weke aaneen, terwyl daar agter die skerms ure beplan en gewerskaf word om hierdie aand vir almal baie spesiaal te maak.
Die Lig van Hoop vir Nuwe Saadjies
In die skemer van die 15de April 2024, het die skoolhek van Hoërskool Jim Fouché oopgeswaai om die nuwe saadjies (en hul ouers) van skole regoor Bloemfontein te verwelkom vir die jaarlikse Graad 7-Ouerinligtingsaand.
JF skitter teen Diamantveld
Op 20 April 2024 het Hoërskool Jim Fouché se sportterrein gegons met opgewonde leerders, gereed om op die velde uit te draf en hul onderskeie wedstryde teen Hoërskool Diamantveld in die Wesgrow-reeks te speel.
JF se Raakpraters!
“Voorsitter, dames en here,” hiermee ’n paar van Jim Fouché se redenaarsgebeure. Ek glo vas dat JF sprekers kweek wat elke kompetisie domineer, en bewys graag hierdie standpunt aan die hand van die volgende argumente.










