JF OESTER

Dit is nou uiteindelik tyd om die aap uit die mou te laat …

by | Jul 29, 2024 | 0 comments

JF is trots om sy nuwe logo voor te stel.

Ons is in ekstase om aan ons JF-familie bekend te maak dat ons skoolwapen ‘n nuwe “look” gekry het. 

 
Die skoolwapen het ‘n paar veranderinge ondergaan, en na dae, weke en selfs maande se beplanning deur personeellede sowel as die beheerliggaam, is dit finaal goedgekeur.
Kom ons draai die horlosie terug in tyd en kyk waar alles begin het. In 1959 het die skoolwapen sy eerste verskyning gemaak met kleure gedateer uit 1954, toe die ou Wilgehofskool ontstaan het. Mevrou du Plooy (eggenoot van meneer P.W. du Plooy) het die kleure van die skoolwapen beplan en dit soos volg verklaar: Die groen verteenwoordig Wilgehof se wilge. Voorts is daar swart, want herhaldies moet die agtergrond van ‘n skoolwapen swart  wees. Die oranje simboliseer nou weer die Oranje-Vrystaat (die Eeufees het in 1954 plaasgevind), en laastens is daar wit, wat reinheid, opregtheid en getrouheid simboliseer.
 
Tussen 1959, toe die skoolwapen ontwerp is, en 2019, toe die skool se 60ste verjaarsdag gevier is, is daar pal rondgespeel met idees.
 
Verandering is egter nie altyd ‘n slegte ding nie, en beslis nie in hierdie geval nie! 
 
Die saaier, wat op die skoolwapen verskyn, kan nou heelwat duideliker gesien word, en loop hand aan hand met ons skool se leuse, “Saai om te oes.” Daar is ook ‘n paar fyner ‘detail’ wat verander is.
 
Maar dit is nie al nie…
 
JF gaan ook nou spog met ‘n nuwe logo, waar die J en die F aaneenlopend met mekaar verbind is. Die nuwe logo gaan sy verskyning maak op nuwe produkte wat binnekort ook bekend gemaak gaan word.
 
Dit was moeilik om hierdie verwikkelinge vir julle geheim te hou, en ons hoop dat julle nét so kinderlik opgewonde soos ons is oor die nuwe era wat ons saam as ‘n JF-familie gaan betree.
 
JF, nou weet julle wat ons weet!
Skrywer: Twané Meyer

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

Oester Nuus Apr 30, 2024

JFFJ – Geloof brand in ons harte

Daar is soveel waardes wat vir JF belangrik is, maar geloof is beslis een van dié wat beklemtoon word. Talle skoolhoofde veg jaarliks om Christenskap in hulle skole te behou. Ons skoolhoof is definitief nie ‘n uitsondering nie.

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *