JF OESTER

Rugbywêreldbekerfinaal

by | Nov 24, 2019 | 0 comments

In 1995 en in 2007 het die Springbokke die Wêreldbeker gewen, en nou bars die hele Suid-Afrika se harte weereens uit hulle nate van trots; ons Bokkies het weer vanjaar die Engelse dorings oorwin met ’n uitstekende, tog onverwagse eindtelling van 32-12!

Na ’n halftydtelling van 12-6 vir die Bokke was die hele land op die punte van hulle stoele. Die eerste helfte het slegs uit strafskoppe bestaan, maar gelukkig het ons in die tweede helfte twee spogdrieë gesien, gedruk deur ons eie Bokhelde, Makazole Mapimpi en Cheslin Kolbe.

Toe die eindfluitjie blaas, het emosies hoog geloop en die trane het vir ons bokkies gerol, veral vir Beast Mtawarira en Duane Vermeulen wat vir die laaste keer ’n Springboktrui oor hulle kop getrek het vir ’n rugbywêreldbekerfinaal. Die trane het die stof veral van Duane se gesig af gewas toe hy as ‘man of the match’ vereer is.

In ander Boknuus is Pieter-Steph du Toit en Cheslin Kolbe ook genomineer vir Rugbyspeler van die jaar. Die veggees wat flank Pieter-Steph Saterdag ten toon gestel het, het egter die oorwinning in sy guns beklink. Springbokafrigter Johan “Rassie” Erasmus loop ook weg met die toekenning vir Afrigter van die jaar.

Vir die Bokke se uitsonderlike prestasie gedurende die Wêreldbeker verower hulle die toekenning vir die beste span van die jaar. Hulle is die eerste span in die geskiedenis wat ’n groepwedstryd verloor het en tog in die finaal gespeel het. Aangesien hulle slegs een uit hulle 10 wedstryde hierdie jaar verloor het, is hulle beslis die titel waardig.

Die Bokke het Dinsdag en Woensdag 5 en 6 November geland en het ’n heldeverwelkoming by die Oliver Tambo Lughawe ontvang.

Geluk, Bokke! Julle het die land trots gemaak. Van nou af sal Suid-Afrika se Springbokke op ’n Roosdoring trap sonder om dit eers te voel.

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *