JF OESTER

Wanneer dag in nag gehul word: 2024 se sonsverduistering

by | Apr 24, 2024 | 0 comments

Foto: https://cronyn.uwo.ca/eclipse2024/

Op die 8ste April, oor groot dele van die Verenigde State, het dag in nag verander vir die eerste keer in sewe jaar. Die maan het vir ongeveer vier minute tussen die son en die aarde inbeweeg en ’n skaduwee oor die aarde gegooi.

 ‘n Totale sonsverduistering vind plaas wanneer die maan tussen die son en die aarde beweeg en die son heeltemal blokkeer. Dit gebeur gemiddeld elke 18 maande iewers op aarde.

Hierdie jaar was dit Amerika se beurt. Die sogenaamde “pad van totaliteit”, dit wil sê, die pad waarlangs die maan die son heeltemal blokkeer, het oor stede soos Indianapolis, Dallas en San Antonio beweeg. ’n Gedeeltelike sonsverduistering was egter regoor die State sigbaar – van New York op die ooskus na Los Angeles op die weskus.

In 2017 kon ongeveer 12 miljoen mense die sonsverduistering van hulle huise af sien. Hierdie jaar word daar beraam dat daardie syfer op 32 miljoen staan. Hierdie jaar het dit ook twee keer so lank geduur in vergeleke met 2017, met ’n maksimum tyd van 4 minute en 28 sekondes. Temperature het ook tydens hierdie verskynsel met ongeveer 5ºC gedaal.

Sonsverduisterings is nie net pragtig om waar te neem nie, hulle is ook wonderlik vir navorsing. Volgens NASA het hierdie waarnemings bygedra tot die ontsyfering van die son se struktuur. Dit het bewyse gelewer van Einstein se teorie van algemene relatiwiteit en het selfs gehelp om ‘n nuwe element te ontdek!

Hierdie jaar se verduistering het wetenskaplikes toelaat om ’n deel van die son se atmosfeer – bekend as die korona – waar te neem, wat gewoonlik te flou is om te sien as gevolg van die son se helderheid.

Die volgende totale sonsverduistering sal in 2026 plaasvind. Dit sal sigbaar wees in Europa, Noord-Amerika en sommige dele van Afrika. Suid-Afrikaners sal egter tot 2030 moet wag vir hulle beurt.

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *