JF OESTER

Graad aggie, jy weet nie wat op jou waggie! (op ‘n goeie manier!)

by | Jan 22, 2024 | 0 comments

Jy het nou al jou eerste paar treë in die rigting van ‘n onbekende toekoms gegee. Jy kry dalk steeds ’n paar vreemde kyke, wat alles te danke is aan jou agt poniesterte of middelpaadjie. Dalk voel jy steeds bang en onseker. Maar dis nie lank nie of ’n vriendelike glimlag groet jou. En kort daarna nog een, en nog een – en so hou dit die heel dag aan. Om elke hoek en draai is ’n gerusstellende JF’er wat jou glimlaggend groet, en vóór pouse aanbreek, voel jy al TUIS in jou splinternuwe huis – Hoërskool JF!

Liefste graad 8’ie, ek weet jy voel dalk bang en onseker oor die nuwe hoofstuk van jou lewe – glo my, ek wéét – ons almal is daardeur. Maar … Dis só lekker – jy gaan soveel nuwe maatjies maak, en heel moontlik ‘n paar rolmodelle kry na wie jy so baie gaan opkyk, en jy gaan só vinnig tuis voel.

Ten einde ‘n baie suksesvolle eerste paar weke van Hoërskool te hê, gaan ek vir julle ‘n paar wenke gee wat jy liefs kan volg om te verseker dat jy binne ‘n oogwink soos ‘n ware JF’er gaan voel.

Nommer een. Luister maar vir die matrieks as hulle vir jou sê dat jy al weer jy die graad 8-liedjie moet sing. In die oomblik gaan dit dalk vir jou voel of die aarde jou eerder moet insluk, maar as jy (soos ek) in matriek staan en terugkyk na jou graad 8-jaar, gaan jy lag, en dit as ‘n goeie herinnering beskou.

Tweedens, neem aan ALLES deel. Dit klink dalk simpel, maar dit is 100% die moeite werd. Speel saam met jou klas die speletjies by die graad 8-naweek. Neem entoesiasties deel aan die atletiek en los jou hart op die verhoog as jy en jou klas by die sixerkonsert dans. Hoërskool gaan regtig in ‘n oogwink verby en dis lekker om soveel lekker herinneringe te kan koester.

Nommer drie. Moenie bang wees om uit te reik en nuwe vriende te maak nie. Jou vriende is die mense wat jou die meeste gaan beïnvloed in jou vyf hoërskooljare, so maak seker jy het die regte vriende en vriende wat net die beste vir jou wil hê.

Vierdens, luister vir jou onnies!! Hulle weet regtig beter as ons en hulle maak so baie opofferings om vir ons die beste moontlike opvoeding te gee. En onthou ook, hulle is, soos ek en jy, ook net mens en gaan ook dalk so af en toe foute maak.

En dan die HEEL belangrikste wenk – Onthou wie jou Skepper is. Jy gaan baie uitdagings in die gesig moet staar, en ek BELOWE jou – hierdie uitdagings is soveel makliker as jy weet dat jy nie alleen is nie. Die Skepper van álles wat jy elke dag sien, het besluit dat die wêreld jou nodig het, en Hy het besluit dat jy in JF moet wees. Moet nooit in sy liefde vir jou twyfel nie, en doen altyd alles asof jy dit vir Hom doen.

Ek los julle graag met die volgende – geniét die volgende 5 jaar!! Ek weet 5 jaar klink baie, maar voor jy jou oë uitvee, is jy in matriek, en dan moet jy besluit waar en wat jy wil gaan studeer. Neem deel aan sport. Kuier saam met jou vriende. Doen jou huiswerk en leer hard vir jou toetse! Maar moenie vergeet om Hoërskool te geniet nie!

Liefste graad aggie, jy gaan dit nog so baie hoor, maar SAAI OM TE OES!

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *