JF OESTER

Eilandlewe (in ’n kokosneutdop)

by | Aug 18, 2023 | 0 comments

Dankie dat jy “Goeie Vakansieherinneringe” as jou reisagent gekies het. Vandag, in die vervelige wiskundeklas, gaan ons terug na 2023 se Julie-skoolvakansie. Maak dus seker jou sitplekgordel is vas en geniet die vlug terug na jou eiland-ervaring in Zanzibar.
***

Om op ’n eilandvakansie te kan gaan, is ’n droom van baie mense. Vir sekere (baie bevoorregte en gelukkige) mense is dit wel ’n realiteit. Potblou water, spierwit strande en selfs daai palmbome soos op die eiland in Spongebob Squarepants se inleidingsliedjie – ja, dit alles kan ’n eilandvakansie jou bied! Na mý Julie-vakansie kan ek sê dat dit werklik ’n belewenis is om op só ’n eiland te wees. Hier is `n paar redes hoekom jy dit dalk ook moet oorweeg vir een van jou toekomstige vakansies:

Vriendelike eilandgees
Wanneer jy by jou hotel aankom, word jy vriendelik deur die personeel by ontvangs begroet, terwyl jy inteken en ’n koffie/cappuchino/koeldrank bestel. Nadat jy die heerlike koffie in die ongelooflike ontvangslokaal gedrink het, kom haal hulle jou tasse en vat jou na jou kamer waar jy ’n voorskou van die hotel en die strand kry. Jy ontvang jou tasse, sluit jou belangrike besittings in die kluis toe, trek jou swembroek aan en hardloop so vining soos die wind na die swembad of strand. En moenie vergeet om op pad soontoe gou eers ’n slush puppie by die strandkroeg (Ja, jy het reg gehoor – daar is ’n STRANDKROEG!) te gaan kry nie.

Ongelooflike natuurtonele
As jy ’n foto van die eiland sien, is dit net so goed jy kyk by die venster van ’n huis op die eiland uit – “prentjiemooi” is om dit LIG te stel! Die strand is skoon, met spierwit sand en lekker ontspanningstoele sodat jy die hele dag net kan lê en ontspan indien jy dit so verkies. Die potblou water is silwerskoon en jy kan elke detail van die mooi skulpies en sand sien, maak nie saak hóé diep jy ingaan nie.

Avontuur!
Sommer bínne stapafstand van jou sonkollotjie op die strand, is daar aktiwiteite soos snorkel, jetski of paddleboard. Boonop hoef jy ook nie bekommerd te wees oor jou strandsak as jy gaan swem nie, want dáár is almal, net soos jy, te besig om die avonture te geniet wat die mooi oop waters vakansiegangers bied.

Luilekker lekkertes en nuwe ervarings
Die heel laaste ding waaraan jy op ’n eilandvakansie hoef te dink, is kosmaak en kamer skoonhou. Die vriendelike werkers van die eiland kom maak elke oggend jou kamer skoon, vul jou yskas op met water en koeldrank en doen selfs die moeite om soms vir jou swaanhanddoeke te vou en dit op jou bed te sit met ’n paar kleurvolle blomme. Wanneer die honger begin knaag, stap jy net af na die restaurant wat heeldag oop is, gryp ’n paar snye pizza en gaan sit lekker op die strand terwyl jy jou kos geniet. Indien jy lus is vir iets anders as die kos wat saans by die hoofrestaurant bedien word, kan jy net plek bespreek by een van die spesialiteitsrestaurante en ’n bietjie Italiaanse geregte eet terwyl jy afkyk op die rustige eilandwater. Na ete is daar gewoonlik ’n vertoning in ’n opelugteater – wat ’n ervaring! Iets vir elke siel

Só gepraat van vertonings, jy hoef nie meer jou klein boetie heeldag te “babysit” nie! Daar is elke dag iets vir almal – ’n program om klein boeties en sussies besig te hou by ’n veilige speelarea, terwyl jou ma bietjie waterpolo in die swembad speel en jy deelneem aan die volleyball-toernooi op die strand. As winkels meer jou ding is, kan jy net na die strand afstap en daar na al die oulike stalletjies gaan kyk wat deur die plaaslike mense bedryf word. Jy kan selfs vroegoggend gou daai ekstra bordjie kos gaan afoefen in die gimnasium as jy jou perfekte vakansielyf wil behou.

Indien jy die eiland wil gaan verken of net ’n bietjie wil reis, is daar verskeie dagtoere waarop jy kan aan. Op hierdie toere kry jy geleenheid om te gaan snorkel, na die koraalrif te kyk, om ’n eeue-oue geskiedkundige boom, hulle wonderlike dorp of ’n reuseskilpad te sien, of selfs saam met ’n skool dolfyne te swem. Jy leer meer van hulle kultuur, tradisies en taal en kry selfs vars vrugte om te eet of `n kokosneut om uit te drink. Jy kan saam met vissies swem wat net soos daardie visse in die vistenk van Finding Nemo is. As jy meer van ’n uitdaging hou, kan jy na hul grillerige groot spinnekop kyk of selfs twee van die strandkrewe vashou voordat jy op ’n seiljag terug seil na die strand.

***

Ons hoop jy het jou vlug geniet en dat ons jou volgende wiskundeperiode weer sien wanneer ons die volgende reis aanpak!

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *