JF OESTER

Rand vs. dollar-konflik bied hoop vir Suid-Afrika

by | Jul 21, 2023 | 0 comments

Rand vs doller 2023

Suid-Afrika het met baie opwinding na ’n belowende 2023 – propvol ekonomiese deurbrake – uitgesien nadat die Suid-Afrikaanse rand teenoor die Amerikaanse dollar vroeër vanjaar sy sterkste waarde in 180 dae bereik het!

Die rand het hierdie stryd met ‘n knal afgeskop. Op 12 Januarie 2023 was die rand ‘n skokkende R16,721 in waarde teenoor die Amerikaanse dollar – die beste waarde in 180 dae.

Ekonome het nog meer rede gehad om aan die gons te wees aangesien die rand in 2022 met 4,62% teenoor die Amerikaanse dollar gedaal het. Selfs met beurtkrag op sy piek was almal op hul tone oor die hoopvolle toekoms van die voortslepende rand vs. dollar-stryd.

Hierdie hoopvolle brokkie nuus is egter in ’n oogwink in die wiele gery. Slegs 3 maande ná die rand se triomf op 14 April 2023, het die Amerikaanse dollar die bordjies kom verhang, en die rand bereik sy swakste waarde in 180 dae teenoor die Amerikaanse dollar. Suid-Afrika was in totale ongeloof nadat die wisselkoers van R19,003 teenoor USD hulle in uiterste skok gelaat het.

Ondanks ’n moeilike en ongelyke begin van die jaar, voorspel kenners egter dat Suid-Afrika steeds in 2023 ’n versterking in die rand sal sien en dat daar beslis hoop vir die rand in dié stryd is!

Sebastian Steyn, ’n Forex-spesialis by Sable International, verdedig die swak prestasie van die rand in 2022 deur aan te voer dat Suid-Afrika in 2022, nes die meerderheid ander nasies, ernstig deur inflasie geraak is. Hy glo hierdie daling in die rand in April 2023 is egter verstaanbaar aangesien die energiekrisis beide besighede en landsburgers geraak het.

Beurtkrag was ’n bydraende faktor wat ’n rol gespeel het en ’n groot negatiewe uitwerking op die rand se waarde in 2022 gehad het. Die Suid-Afrikaanse ekonomie het egter ongelooflike sterkte getoon, en BBP- en ekonomiese groei word steeds vir 2023 verwag.

Die stryd tussen die rand en Amerikaanse dollar is nog lank nie verby nie! Die Amerikaanse dollar mag dalk dink dat hulle die mag in die hande het, maar Suid-Afrika het beurtkragkersies in die hand en hulle brand helderder as ooit tevore.

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *