JF OESTER

Hier blom kultuur!

by | Mar 17, 2021 | 0 comments

Hoërskool Jim Fouché, met sy verskeie kultuuraktiwiteite, skop al vroeg hierdie jaar af. Die Oester het by twee van hierdie aktiwiteite gaan inloer.
Die redenaars is al lank besig om voor te berei vir die ATKV se Redenaarskompetisie. Teen Vrydag 19 Maart stuur hulle al hulle opnames in en wag dan in spanning om die uitslae te ontvang. Verder in die jaar wag daar nog minstens twee kompetisies op hierdie sprekers.
Redenaars, voorbereid én onvoorbereid, is werklik ‘n leerder se geleentheid om sy/haar sê te sê!
Ons almal ken die gesegde: “Kinders moet gesien en nie gehoor word nie.” Wel, by Redenaars is dit kinders se beurt om nie net gesien te word nie, maar ook gehoor te word en op hierdie manier ‘n verskil te maak daar waar hy/sy kan!
Die Oester het ook gaan aanklop by ons dramakonings en -koninginne.
Ook hierdie kultuurdiere is al druk besig, en oudisies vir die komende Tienertoneel het reeds plaasgevind.
Hierdie jaar het leerders nie net die geleentheid om deel te wees van juffrou Isabel Theron en haar span se wonderlike produksie nie, want juffrou Michelle Joubert, ‘n gesoute teateraktrise, vorm ook nou deel van JF se dramaspan.  Meer leerders het dus nou die geleentheid om hulle potensiaal op die verhoog te ontdek, en daarvoor is baie leerders baie dankbaar. Volgens Die Oester se inligting het hulle reeds begin repeteer en almal is baie opgewonde vir wat voorlê.
Drama en Redenaars is slegs twee van die kultuuraktiwiteite wat deur JF aangebied word, maar weet vir seker: As kultuur in jou bloed klop, dan is JF die plek vir jou, want hier word kultuur baie hoog geag.

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *