JF OESTER

André “Jackie Chan” Visser

by | Aug 18, 2023 | 0 comments

Andre spog met sy medaljes

André Visser, ’n matriekleerder aan Hoërskool Jim Fouché, en ook ons eie Jackie Chan, is ’n stil leerder, iemand wat nie eers ’n vlieg leed sal aandoen nie. Dit laat mens wonder waar hy aan sy “skop-en-boks” tegnieke kom. Die Oester het gaan inloer.

André doen al karakte vandat hy 10 jaar oud is. Van jongs af kyk hy al karate-films, en hierdeur het hy sy liefde vir hierdie sport ontdek. Sy ouers het ingestem om hom in te skryf vir karatelesse toe hy al die “moves” op tv gedoen het. Dis nou al 8 jaar gelede.

André oefen ten minste 4 ure per week by die dojo en ook nog op sy eie tyd by die huis. Hy volg geen spesifieke dieet nie, maar probeer ’n gesonde dieet en ’n gebalanseerde leefstyl handhaaf. Hy word geïnspireer deur ’n paar karate-helde, nl. Sandra Sanchez, Dougles Brose en Morgan Moss.

Toe ons by hom wou weet of hy sy “moves” op sy sussie uithaal, het hy geantwoord dat sy maar dikwels moet bontstaan vir sy karatetruuks!

André se prestasies sluit die volgende in:
André het al verskeie kere Vrystaatkleure verwerf en ook aan SA’s deelgeneem. In 2019 is hy vir die JKSSA span gekies om in Ierland by die Internasionale Kampioenskappe deel te neem. Daar het hy 9de en 5de in die werêld geëindig. In 2021 het hy ’n brons medalje by die JKS Nasionale Kampioenskappe gewen. In 2022 het hy weer ’n brons medalje by hierdie kompetisie losgeslaan. Gedurende 2023 het hy hierdie prestasie verbeter deur ’n silwer medalje te wen. André is ook ingesluit in die nasionale span om Suid-Afrika in Doebai vir die “Asian Africa Cup” Kampioenskappe, wat van 14-16 September 2023 plaasvind, te gaan verteenwoordig.

Op die vraag of Andre ’n meisie het, was daar ’n duidelike NEE! (Lyk vir my of daar maar min tyd is vir meisies.) Behalwe karate is André se ander voorliefde wild! Hy beplan om ná skool Wildsbestuur te gaan studeer, en sy groot droom is om eendag sy eie wildsplaas te hê.

Sterkte vir die Asian Africa Cup Kampioenskappe… Gaan maak JF trots en bring GOUD huis toe.

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *