JF OESTER

Pure pienk plesier!

by | Aug 18, 2023 | 0 comments

Resensie: Barbie
Uitgereik: 21 Julie 2023
Regisseur: Greta Gerwig

Akteurs: Margot Robbie, Ryan Gosling, America Ferrera, Will Ferrell, Kate Mckinnon, Ariana Greenblatt, Issa Rae, Rhea Pherlman, Hari Nef, Emma MacKey, Alexandra Shipp, Michael Cera, Helen Mirran, Simu Liu, Dua Lipa ect.

Vervaardigers: Margot Robbie, Tom Ackerley, Robbie Brenner, David Heyman, Laurence Mark, Amy Pascal

Gradering: 8

Barbie en Ken het die tyd van hulle lewens in die kleurvolle en perfekte wêreld van Barbie World, maar dan moet die twee poppe die avontuur na die regte wêreld aanpak. Albei
ervaar die vreugdes en gevare van die lewe tussen regte mense.

Barbie is ’n oorbekende karakter a.g.v. die effek wat hierdie pop in menige dogtertjies (of seuntjies) se lewens gemaak het. Daarom, toe die film die teaters tref, was almal – van jonk na oud – in pienk getooi. Die film herinner mans daaraan dat hulle hul eie mense is, en dat vrouens nie konstant perfek hoef te wees nie. Klem word gelê op die feit dat meisies mág wonder, anders lyk en hartseer mag wees wanneer nodig. Maar hulle móét opstaan en terugveg vir dit waarin hulle glo.

Vinnig opgesom: Barbie leer meer van haarself en haar doel in die lewe. Ken besef hy is nie net Barbie se kêrel nie; hy is “(K)Enough.”

Dit was ’n ontspannende film, met goeie humor, ’n film wat van ou ooms tot klein dogtertjies laat lag. Ek het hierdie film as deja vu ervaar. Dit was werklik, soos baie mense sê, ’n “trip down memory lane.”

Die gevolgtrekking? Doen jouself ’n guns, trek pienk aan, nooi jou vriende en gaan ontspan in die verlede!

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *