JF OESTER

Voortrekkers: Werk hard; speel nog harder!

by | Aug 18, 2023 | 0 comments

Trots op ons uitsonderlik groot groep PV’s

♫ Wat maak ‘n kamp so lekker? Dis koffie, pap en wors. ♫ En dis nie al wat Voortrekkers so lekker maak nie. ♫

Voortrekkers is ’n kombinasie van verskillende aspekte: waardes, pret, uitdagings en nóg meer pret!
Waarvoor elke Voortrekker egter mik, is die eervolle toekenning van Presidentsverkenner, of soos dit algemeen bekend staan: PV.
Hierdie toekenning is die hoogste toekenning wat ‘n junior Voortrekkerlid kan behaal. Daar is eers ’n PV-eksamen wat geslaag moet word om dán op die PV-kamp te kan gaan, waar die praktiese sy van PV dan plaasvind. Daar word al van Graad 8 af voorberei vir PV. Al die kentekens wat verwerf word, onder andere oor Afrikanerskap, Burgerskap, Christenskap en Diensbaarheid, word in jou portefeulje behandel. Vir die eksamen kry jy ’n boekie met leerwerk.
“Ek moes maar op my boude gaan sit en leer,” vertel Nicole Smit, ’n lid van die Voorslag Verkenners. Die Voorslag Voortrekkerkommando is trots om te spog met ’n 100% slaagsyfer en ons wens hierdie Verkenners sterkte toe vir die kamp wat vanaf 23 Junie tot 2 Julie plaasvind.
“Om Presidentsverkenner te kan word, sal hoërskool Voortrekkers met ‘n BANG afsluit!” het Anria de Beer, nog ’n Voorslag Verkenner, vertel.
Die Voorslagkommando spog toe wel met ‘n 100% PV-eksamenslaagsyfer: Hanko Botha, Anria de Beer, Jolene de Jager, Franco Deacon, Demi Denobili, Dian Diesel, Michelle Du Rand, Gerhardus Janse van Rensburg, Irmarie Malan, Elzaan Myburgh, Damien Richards, Alrinda Saayman, Ané Schmidt, Nicole Smit, Brückner van der Lingen en André Visser. Nie net spog hierdie kommando met hierdie uitstekende groot groep Presidentsverkenners nie, maar ook met ’n Gebiedsjeugleier, Wian Potgieter.
Die Vrystaatgebiedsjeugraad is ’n groep van ses Graad 11-voortrekkers wat verkies word om vir ’n termyn saam te werk. Elke Voortrekker is verantwoordelik vir elke oord in die Vrystaat. Om die Vrystaat-gebiedsjeugleier te word, moet jy baie goeie leierskapsvaardighede besit en op die kamp ’n leierskapkenteken doen.
Alhoewel hierdie twee dinge ‘n belangrike deel van Voortrekkers is, is die werklike pret by die kampe! Daar is drie hoofkampe in ’n jaar: Vlotkamp, wat ’n kommandokamp is, en Doornkloof en Seejol, wat albei gebiedskampe is.
Op Vlotkamp word jou spanwerk en bouvermoë getoets. Jy moet in jou span ’n vlot bou uit houtpale, houtborde, dromme en tou. Nie net moet hierdie vlot 7 kinders kan dra nie, maar moet ook op die Vaalrivier getoets word waar die Verkenners moet (vir ’n vale) moet roei … en wie ook al eerste by die eindpunt aankom, word as die wenners bekroon! Behalwe die vlotboukompetisie, is die potjiekoskompetisie nog ’n hoogtepunt!
Doornkloof. Hierdie gebiedskamp bied ’n verskeidenheid verskillende kampe, van graad 8 tot 12 aan: Ontdekkerskamp, Kompetiesiekamp, Leierskamp, ‘n kamp wat baie uithouvermoëns verg – Veldkamp – en dan Seniorskamp. Op hierdie kampe is daar werklik iets vir almal.
Dan is dit almal se gunsteling: Seejol. Dit is ’n kamp wat in Santos gehou word, reg by die see! Net soos die Doornkloof-kampe word verskeie kampe van raad 8 tot 12 aangebied: Voormas, Grootmas en Kruismas. Van graad 11 is daar verskeie kampe om van te kies, bv. Roei, Branderplankry, Duik, Hengel, Kampkommunikasie, en iets wat werklik die uithouvermoë toets: Selfbehoud, waar jy vir 5 dae by die see moet oorleef sonder enige voorsiening van kos. Om te eet moet jy dus self jou kos versamel of vang, en daar word regtig baie baie kilometers afgelê.
Daar het julle dit – Voortrekkers is die ple waar ons hard leer en nog harder speel.
Hou koers!
Bloemfontein Voortrekkers se PV groep 2023

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *