JF OESTER

Wêreldkampioen in Wording

by | Aug 29, 2023 | 0 comments

Roechelle van der Merwe in aksie

Roechelle van der Merwe, ’n graad 11-leerling van Hoërskool Jim Fouché, en lid van die skool se eerste netbalspan, was maar net 15 jaar oud toe sy ’n uitsonderlike talent ontdek het wat haar naam nog baie in die koerante gaan laat verskyn – kragoptel! Op 16 al, skaars ’n jaar nadat sy hierdie sport begin beoefen het, het sy derde geëindig tydens die Wêreld Kampioenskappe en ’n briljante eerste plek tydens die Commonwealth Kragoptel Kampioenskappe behaal.

Haar liefde vir kragoptel het in graad 9 in 2021 begin, nadat sy van die Sterk man/vrou-kompetisie gehoor het wat by JF aangebied is. Roechelle vertel dat sy nog haar lewe lank ’n passie gehad het vir oefen en dat ’n hoë dosis dopamien in haar liggaam afgeskei word as sy sterk voel. Sy wen uiteindelik die einste Sterkvroukompetisie, en soos hulle sê: Die res is geskiedenis!
Mnr Neil Murphy, sportanaliseerder van JF, verwys haar daarna na Training Edge in Fichardtpark (waar sy tans oefen) omdat hy baie potensiaal in haar gesien het. Roechelle vertel dat die kragoptel, sedert September 2021 toe sy begin het, haar lewe 100% verander het. Sy sê dat dit ’n tipe getuienis vir haar is, want die Here het deur meneer Murphy gewerk om haar lewe radikaal te verander.
Roechelle kon vir seker nie die prestasies behaal het as dit nie was vir die hoofafrigter, Guy Conradie, en haar afrigter, Bernice van der Westhuizen, nie. Hulle werk vir haar oefen- en eetprogramme uit om goed voor te berei vir die kompetisies wat volg. Gedurende die kwartaal oefen Roechelle in die oggend kwart oor vyf tot kwart oor ses, maar in die vakansies sal sy in die middae gaan oefen. Dit hang ook af van hoe ver of naby die kompetisie is, maar oor die algemeen sal jy haar vier keer ’n week in die gimnasium kry. Sy volg dan ook ’n spesifieke eetplan: Drie eiers en roosterbrood vir ontbyt, ’n peuselhappie, en dan middagete: 100g hoender en 100g rys.

Roechelle se gunstelingoefendag is wanneer sy arms moet oefen. Dit wat vir haar die meeste genot verskaf, is om fisies te kan sien en te voel dat sy sterker word. Dit motiveer haar en laat haar bemagtig voel om te weet sy’t 2 jaar terug begin op 70 kg deadlift en nou trek sy al op 160 kg. Nog ’n voordeel van hierdie sport wat regtig vir haar asemrowend is, is dat sy die wêreld vol kan reis om iets te doen waaroor sy mal is!

D R O O M GROOT! sê almal altyd, en Roechelle se drome skiet regtig die hoogstes in, maar dit wat ons van haar beleef, is dat sy dit in ’n japtrap sal behaal. Hoewel dit ’n langtermyndroom is, werk Roechelle daaraan om eendag ’n kragoptelwêreldkampioen te word … Haar motivering om aan te hou werk vir haar droom, is die algemene gesegde (wat die res van ons dalk moet begin kop toe vat!): “As jou drome jou nie bang maak nie, is jou drome nie groot genoeg nie…”

Roechelle was reeds in Istanbul in Turkye. Daar neem sy deel aan die Classic Powerlifting Worlds Championships waar sy ’n algehele brons medalje verwerf, asook ’n brons medalje vir “squat.” In Nieu-Seeland neem sy deel aan die Commonwealth Weightlifting Championships, waar sy ’n algehele goud verwerf, en spesifiek silwer vir “bench” en goud vir onderskeidelik “squat en deadlift.” Dit was in 2022. In 2023 gaan sy in Roemenië deelneem.

Roechelle van der Merwe het ongetwyfeld méér as net ’n handjievol aanhangers wat haar bewonder en na haar opkyk, maar sy glo met haar hele hart haar grootste ondersteuner is haar moeder. Tannie Roeline maak seker dat Roechelle betyds op al die plekke is en die regte kos op regte tye inneem. Roechelle sê spesiaal dankie vir al haar moeder se liefde, ondersteuning, moeite en … vervoer!

Ons sluit af met Roechelle se motivering wat haar uit die bed kry op ’n koue wintersoggend:
“Dit bly moeilik, want ek is mens. Maar(!) Discipline > Motivation.”

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *