JF OESTER

“Wiskundeboffin” in die ware sin van die woord

by | Aug 28, 2023 | 0 comments

Ons almal het seker al iémand wat ons ken ’n “Wiskundeboffin” genoem; in ons definisie – iemand wat goed doen in die vak en nogal baie daarvan hou, maar Jana Rossouw gee aan daardie woord ’n nuwe definisie!

Van kleins af al hou Jana van “dinkspeletjies,” en sy het sommer vinnig ’n baie groot liefde vir Wiskunde ontwikkel. Terwyl baie mense hierdie vak as ’n baie groot las of uitdaging beskou, beskou Jana dit as iets wat jou probleemoplossingsvaardighede toets en ontwikkel. Sy sê dat dit vir haar só lekker is om uiteindelik ’n oplossing te vind wanneer sy vir ’n hele ruk lank met ’n wiskundeprobleem geworstel het.

“Daar is ook nooit net een manier om by die antwoord uit te kom nie. Wiskunde leer mens eintlik baie lewenslesse – partykeer moet ’n mens net een stap terugvat en op ‘n ander manier na die probleem kyk om die oplossing te kry,” sê Jana.

Met ‘n stuk of tien kompetisies al agter die rug, is die vernaamste en beslis die indrukwekkendste, die Pan African Mathematics Olympiad (PAMO), en vanjaar is al die tweede jaar dat Jana gekies is om deel te neem en Suid-Afrika te verteenwoordig. Hierdie jaar het dié kompetisie in Rwanda plaasgevind.

Tydens hierdie kompetisie word daar twee vraestelle geskryf; elke vraestel het drie vrae wat jy in vier en ‘n half ure moet voltooi. Dit klink soos ’n uitdaging wat gewone sterflinge behoorlik ore sal aansit! So ’n reis behels darem nie nét wiskunde nie. Op die dae wat hulle nie geskryf het nie, het hulle op uitstappies gegaan waar hulle oor die kultuur en geskiedenis van die land kon leer.
Terwyl sy laas jaar (toe sy maar in graad 10 was) ’n “eervolle vermelding” vir PAMO en ‘n brons vir PAMO Girls (waar hulle slegs na die meisies se punte kyk) gekry het, spog sy hierdie jaar met ’n silwer vir beide PAMO en PAMO Girls.

Met ‘n kombinasie van hersiening van teorie en formules, en ook ou vraestelle uitwerk, is Jana reg om enige Wiskundekompetisie aan te pak, maar sy voeg ook by:
“Dit gaan meer oor die manier waarop jy dink as oor die kennis wat jy het.”

Wyse woorde van Jim Fouché se eie Wiskunde-ghoeroe!

Jana se uitstekende prestasies is nie net iets om oor te spog nie, maar ook iets wat wys dat sy werklik eendag hoë hoogtes gaan bereik en altyd Jim Fouché se naam sal hoog hou.

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *