JF OESTER

Groen bo, altyd so!

by | Oct 27, 2023 | 0 comments

Emily Marx

“I am green team ‘till I die, I am green team ‘till I die …”

Saggies maar seker eggo dit nog deur die stoepe ná laas Vrydag se groot oorwinning vir die groen span.

Op Vrydag 20 Oktober het die leerders van Jim Fouché 2024 hulle stemme laat hoor. Ná die matriekgroet was daar baie hoop en blydskap onder die ander grade. 2024 se rasieleiers is in twee groepe (Wit en Groen) opgedeel, en die res van die skool ook volgens hulle vanne.

Na net één week se oefening was die spanne gereed om te kompeteer. Die dag het afgeskop met optogte van albei spanne. Die wit span het begin en tweede die groen span.

Albei dansies was uniek en vol gees. 2022 se rasieleiers het kom beoordeel watter span het wat dit vat om die kroon te dra. Na die optogte het die grade in spanverband teen mekaar meegeding. Dit het aanvanklik baie goed gelyk vir die wit span, maar die graad 11’s het die groen span gehelp om die beker te neem. En deur dié oorwinning het die groen span die speletjiebeker verower. Uiteindelik het die groen span ook met die Geesbeker weggestap!

“Die Bokke se kleur het ons deurgedra,” sê een van die groenspanseuns. (Die Oester hoop dit voorspel net goeie dinge vir Saterdag se eindstryd.)

Met kompetisie, spanwerk en baie gees was die dag ’n reusesukses. Die geesdag van 2023 sal ons nooit vergeet nie!

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *