JF OESTER

JF-redenaars praat land aan die brand!

by | Oct 23, 2023 | 0 comments

V.l.n.r. Karla Visser, Franco Deacon, Joshua Deacon en Lisa Botha
Foto verskaf

Op 12 Oktober 2023, in die nasionale finale rondte van die Oppie Tong Af-redenaarskompetisie, het ’n uitsonderlike groep jong redenaars van regoor die land byeengekom om hul talente en kundigheid ten toon te stel. Hierdie kompetisie is nie net ’n viering van retoriek nie, maar ’n demonstrasie van die krag van woorde en die vermoë om ’n gehoor te beïndruk en te oortuig.

Een van die sterre van hierdie gebeurtenis was Franco Deacon, wat ’n verdienstelike 6de plek behaal het in die Goue Tong-kategorie. Dit is ’n kategorie waar deelnemers slegs 5 minute voorbereidingstyd kry om ’n oortuigende toespraak voor te berei. Franco se prestasie dui op sy kreatiwiteit, vinnige denke, en die vermoë om ‘n gehoor (sonder voorbereiding) te boei.

Marlé van der Merwe het ’n indrukwekkende 7de plek verower in die onvoorbereide Graad 10-12-kategorie. Hierdie kompetisie vereis dat deelnemers in die oomblik ’n toespraak moet lewer oor ’n onbekende onderwerp, wat ’n groot vaardigheid in vinnige denke en spontane woorde vereis.

Lisa Botha, wat 8ste in die voorbereide Graad 10-kategorie gekom het, het bewys dat dit nie net oor spontaniteit gaan nie, maar ook oor die vermoë om ‘n deeglike, voorbereide toespraak te lewer wat gehore kan oortuig en beïndruk.Karla Visser, wat ‘n 11de plek in die Graad 11-Voorbereide kategorie behaal het, het getoon dat ’n liefde en talent vir redenaarskap nooit onderskat moet word nie.

Die groot wenner van die dag was Josua Deacon, graad 8-leerder, wat ‘n puik lándswye 1ste plek in die Onvoorbereide kategorie verower het – dit is ’n uitsonderlike prestasie! Josua se meesterlike vaardigheid om in die oomblik ‘n oortuigende toespraak te lewer, het aan hom die eer van landswye wenner besorg.  

Die naam “Oppie Tong Af” beskryf nie net die aard van die kompetisie nie, maar ook die gees daarvan. Hierdie kompetisie is ’n viering van spontane en voorbereide retoriek, waar jong mense hul talent en vermoëns kan toets en opskerp. 

Wat ’n voorreg was dit nie vir hierdie JF-leerders om JF op nasionale vlak te verteenwoordig nie!

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *