JF OESTER

Een streep-baadjie vir ’n ander …

by | Dec 5, 2023 | 0 comments

Juf Anso Esterhuizen – A Human

Ons groet JF se grootste ondersteuner met ’n swaar hart.

Na dié bom gebars het, was die gemoedere maar hoog en die trane vlak. Juffrou Anso Esterhuizen, wat vir 7 jaar lank goeie saad by JF gesaai het, maak groet baie moeilk.

Sy verlaat ons vir Hoërskool Grey College, want sy glo dat as mens wil groei, moet jy verander, al is dit hoe moeilik en ongemaklik. Moeilike situasies is wat jou uit jou gemaksones skuif en blootstel aan verbetering…

Aldus juffrou Anso, verseker ’n nuwe omgewing waar min mense jou ken die geleentheid van oor begin, hard werk en nuut van vooraf dink om ’n nis vir jouself te kry.

Juffrou Anso vertel dat sy die meeste na JF se trots en akademiese saalperiodes gaan verlang. Haar hart bars van trots as sy van daar bo af die prentjiemooie pronkende presteerdertjies dophou. Die disipline en maniere van ons saalperiodes, vertel juf Anso, kry jy nie by baie skole nie!

Never, ever, ever give up!

Dis juffrou Anso se lewensmotto en hoe sy elke dag aanpak. Haar uit-die-bed-kry-stukkie van Kung Fu Panda sê die volgende: “Yesterday is history, tomorrow is a mistery. But today …. Today is a gift, and that’s why it’s called the present…”

Juffrou Anso verlaat ons dalk as Biologie-onderwyser, maar moenie komkommer nie, sê sy. Haar passie gaan net so voort leef in die klasse van Grey. Sy gaan daar ook vir graad 10-12 Biologie aanbied en daar die spanbestuurder of afrigter van ’n hokkie- of muurbalspan word. Sy het ’n groot behoefte om die kinders op só ’n manier ook beter te leer ken.

Juffrou Anso sluit af met die laaste groen gedagte: “JF, gebruik elke oomblik en geleentheid wat dié skool vir jou bied. Jy het net een hoërskoolloopbaan, gaan en geniet elke dag voluit! Droom groot DROOM JF!”

Tot siens, juffrou Anso.

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *