JF OESTER

Goeiedag, ek’s graad 8 …

by | Jan 30, 2024 | 0 comments

“Ek is uiteindelik in graad agt, ek wag al 14 jaar vir hierdie dag…” weergalm dit sedert die 17de Januarie deur JF se gange.

Ons graad 8’s het al die 16de Januarie skool toe gekom om solank saam met die VRL hulle voete op dié nuwe skoolgronde te vind, en vir die eerste drie dae moes hulle maar hulle trots sluk en hulle middelpaadjie gel sodat hulle as gesoute JF’ers hulle hoërskoolloopbaan kan binnegaan.

Die graad 8-naweek het sommer met ’n hoogtepunt afgeskop toe sowat 260 nuwe graad 8’s Vrydagmiddag die atletiekveld maar klein laat lyk het. Daar is spiese gegooi, ver gespring en vinnig gehol. Natuurlik, soos dit ’n ware JF’er betaam, het ons graadaggies ook gesorg vir lekker gees deur die loop van die middag.

Vrydagaand kon ons sixers lekker met JF se rasies spog toe hulle gees gevang het op die pawiljoen terwyl hulle ouers by die skool opgedaag het vir die ouerbraai. En natuurlik moes ons die aand met ’n lekker sokkie afsluit. En nadat die graad 8’s, (en die VRL) ‘n lekker “toer om die vloer” gevat het, kon hulle met vol harte gaan slaap.

Maar daar was maar min geslaap, want Saterdagoggend om 04:45 het die graad 8’s al deur JF se hekke gestroom, gereed en opgewonde vir die dag se avonture! Die oggend was gevul met ’n paar aangename verrassinkies van die matriekseuns en JFFJ af, en toe die son wakker genoeg was om ons lekker warm te bak buite, het die dag se speletjies afgeskop.

Party speletjies natuurlik bietjie meer aangenaam as ander, maar elke speletjie het op sy eie manier gesorg vir vet pret!

Saterdagaand is die hoogtepunt van die naweek bereik toe die graad 8’s hulle heupe tydens die Sixer-konsert kon skud om vir ons te wys wat in hulle steek. Graad 8 H is gekroon as die wenners van die konsert en Graad 8 F het met die geesbeker weggestap.

Ná Sondagoggend se spesiale kerkdiens in ons skoolsaal kon die graad 8’s darem ’n blaaskans vat om te herlaai vir die week wat voorlê.

Maandagoggend breek toe aan en ons graad 8-saadjies word toe amptelik in JF-land geplant.
Daar was dalk donker kringe onder ’n paar graadaggies se oë, maar steeds het hulle oë gevonkel van opgewondenheid oor die nuwe hoofstuk van hulle lewens wat hulle binnegaan. En die oomblik wat die graad 8’s uiteindelik hulle kleurbaadjies mag aantrek, het gesorg vir hoendervleis-oomblikke wat elke JF’er se bors laat swel het van trots.

Graad 8’s 2024 – mag julle in die volgende 5 jaar werklik SAAI OM TE OES!

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *