JF OESTER

Terug by haar alma mater – juffrou Adéle is hier om te bly

by | Jan 30, 2024 | 0 comments

“Om deel te wees van die gees en netbal. Om ’n inspirasie te wees vir een kind, soos wat die onderwysers in mý tyd by die skool vir mý was.”

Dit is juffrou Adéle van Wyk se antwoord toe daar vir haar gevra is wat haar droom is vir haar loopbaan by JF.

Juffrou Adéle sluit by ons aan as Jim Fouché se nuwe LO-onderwyser. Sy is in Kimberley gebore en het daar skool gegaan tot in graad ses toe sy saam met haar ma en sussie na Bloemfontein getrek het. Hier het sy haar skoolloopbaan by Hoërskool Jim Fouché voortgesit en ná skool Menslike Hulpbronbestuur aan Kovsies studeer. Sy besluit toe egter om in Suid-Korea te gaan skoolhou, en bly toe sommer vir twee jaar. Daar het sy verlief geraak op onderwys en geweet dit is wat sy wil doen.

Soos almal was juffrou Adéle se stresvlakke hoog vir die eerste dag van skool, maar nou is sy al redelik gemaklik. Sy hoop om aanvaar te word vir wie sy is en dat sy haar droom kan uitleef totdat sy oud en grys is.

Sy kyk graag video’s wanneer sy wil ontspan, veral Bailey Sarian se “Murder, mystery and makeup Monday.” Ander stokperdjies sluit in om aksienetbal te speel, middagslapies te vat en saam met vriende te kuier. As sy haarself in een woord kon beskryf, sou dit “liefdevol” wees, maar elke liefdevolle persoon het natuurlik ook iets wat hulle hare laat rys! Vir juffrou Adéle is dit as haar kat die televisie krap wanneer sy aandag soek, en dan – erger – ongeskikte mense. As sy op ’n verlate eiland gestrand sou wees, sou sy darem graag haar katte by haar wou hê, en, as sy eerlik is, ’n yskoue bottel water!

Haar lewensfilosofie kan almal maar navolg:

“Ek dink die lewe is soos die golwe in die see. Goed kan van jou af weg gevat word en ander goed kan weer vir jou gegee word. Jy moet leer om die slegte te laat gaan en die goeie in te neem. Soms moet jy net stop en na die golwe van die lewe kyk en dit waardeer vir wat dit is. Én jy moet altyd braaf wees op jou pad vorentoe. Die Here sal jou altyd beskerm.”

Interessante feite

  • Ek lees net boeke in vakansietye.
  • Ek is mal oor katte. Ek het twee by die huis.
  • Ek hou van pienk.
  • Ek was in ’n musiekgroep toe ek in Suid-Korea was. Ek het vir hulle gesing. (JF soek bewyse!)

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *