JF OESTER

Dinamies en oulik – dis juffrou Merice

by | Feb 5, 2024 | 0 comments

Ons verwelkom hierdie jaar hartlik vir mevrou Merice Erasmus by JF se admin-span.A Human

 ’n Skool kan nie funksioneer sonder ’n goeie administratiewe kantoor nie. Daardie tannie wat voor pouses afkondig, die onderwysers herinner om afwesighede te doen, al jou toetse druk en wat jou sluitkassie aan jou verkoop. Die admin-span is ongetwyfeld enige skool se geheime dryfkrag.

Ons verwelkom hierdie jaar hartlik vir mevrou Merice Erasmus by JF se admin-span. Sy gaan in die afrolkamer werk, en ook met SA-SAMS en D6 help. En volgens haar deel sy ook baie gereeld skeermesse uit!

Mevrou Merice kom oorspronklik van Bloemfontein, maar het agt jaar gelede na Hazyview in Mpumalanga getrek, net so ’n paar kilometer suid van die Kruger-wildtuin. Daar was sy ’n skoolhoof en die eienaar van vyf kleuterskole en ’n laerskool.

Hulle het ná agt jaar in Hazyview besluit om terug te trek Bloemfontein toe, en vandag is sy deel van die JF-familie. Sy is ’n dogtertjie-mamma, en het drie dogters.

Juffrou Merice se lewensmotto is om altyd jouself te wees, want ’n “original” is meer werd as ’n afdruk. Wanneer sy op ’n verlate eiland gestrand sou wees, sou sy tevrede wees as sy maar net ’n flitslig gehad het.

Haar werk is verseker nie maklik nie en dit is nie moeilik om te glo nie – sy hanteer elke dag meer as ’n duisend leerders se afrolwerk!

“Dis ‘n uitdaging om alles vir almal betyds te kry, en om seker te maak alles is reg,” het mevrou Erasmus gesê.

‘n Paar kitsfeite oor mevrou Merice:

Gunstelingkleur: Pienk.

Gunstelingdis: Pizza.

Gunstelingvak op skool: “Afrikaans, omdat ek ’n baie oulike juffrou gehad het.”

Gunstelingseisoen: Lente.

Ná my onderhoud het ek besef watter belangrike rol personeellede soos mevrou Merice in ons skool speel. Sy is oulik, vrolik en gaan vinnig haar voete by JF vind.

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *