JF OESTER

Iets uit ‘n ander wêreld!

by | Feb 18, 2024 | 0 comments

Are you the V-ball, because you are out of this world!

Sit aan jou veiligheidsgordel, want hierdie bal sou jou tot in die buitenste ruim neem!

Dié jaar se Valentynsbal was een vir die boeke. Die dekor was van hoë gehalte en die vingerhappies was asemrowend. Ongeveer 700 leerders van orals in die dorp het hierdie buite-die-wêreld aand bygewoon.

Die aand het begin met al die paartjies wat by die fotohoekie ’n foto kon neem. Uitgedrukte foto’s sal aan elke leerder gegee word. Die kaartjies was goedkoper as die vorige jaar s’n, wat ‘n groot bonus is. Die paartjiekaartjie was R280 en die enkelkaartjies was R150.

Eerste op die agenda het die Sosiale komitee die Meneer en Mejuffrou Valentyn aangekondig. Die gekroonde wenners was Heinrich Hattingh en Nelri Venter. Die Valentyn-paartjies het daarna die dansvloer warm gedans! Toe kon die leerders vir hulle vingerhappies en vingerpoedinkies vir nagereg kry.

Roechelle van der Merwe, hoofmeisie van 2024, sowel as die organiseerder van hierdie suksesvolle aand, het gesê: “Dit was regtig ’n baie lekker Valentynsbal;’n goeie laaste een! Ek is baie dankbaar vir meneer Van Zyl en die sosiale komitee wat gehelp het om so ’n groot sukses van die bal te maak. Daar is geen oomblik wat vir my uitgestaan het nie, want die hele aand was besonders!”

Die aand het rondom 10:45 geëindig en volgens meneer Van Zyl was dit die meeste kinders nog wat tot die einde gebly het. Dit getuig beslis van ’n baie suksesvolle aand!

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *