JF OESTER

JF BO, ALTYD SO!

by | Feb 27, 2024 | 0 comments

Hierdie jaar se Interhoër Gala, gehou by Grey College, was definitief een vir die boeke!

Op Vrydag 23 Februarie 2024 het JF al hul energie tafel toe gebring en weer geskiedenis gemaak toe hulle aangekondig is as die Gala se Geesbeker-wenners met ’n astronomiese “knockout” van 90,6%. Hierdie oorwining het ons toegelaat om ons teenstanders behoorlik op hul neuse te laat kyk!

Sukses word egter beslis nie sonder ’n plan, baie oefening en deursettingsvermoë behaal nie.  Ons JF rasieleiers het seker gemaak dié jaar het JF ’n plan! Ons tema was ’n boksgeveg, met JF se “Knockout”-hou aan die einde.

Daar is getrou deur die week geoefen om die choreografie te bemeester en ‘props’ reg te gebruik om te verseker dat ons die beker huis toe bring!  JF se onblusbare energie, absolute gehoorsaamheid en onwrikbare respek het vir seker vrugte afgewerp.

Verder het JF baie goed gevaar in die swem, waaraan drie van ons leerders deelgeneem het.  Hier palm die sestienjarige Dané de Klerk, wat soos blits deur die water gevlieg het, vyf goue medaljes in en word aangewys word as die Victrix Ludorum, die beste dogterswemmer.

En daarmee is die skrif teen die muur: Jim Fouché is hier om te blý!  Ons staan nie opsy nie, ons gee nie op nie, ons is nie bang vir uitdagings nie en ons werk beslis hard om van ons drome ‘n werklikheid te maak!

JF’ers, miskien weet hulle nóú wat ons weet: JF BO ALTYD SO!

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *