JF OESTER

Wiskunde, netbal en musiek, laat hierdie onnie “tick”

by | Feb 5, 2024 | 0 comments

Met groot opgewondenheid verwelkom JF vir juffrou Ninelle Jordaan, of soos sy dit verkies: juffrou Nini.Berig deur: Theani Botha

Met groot opgewondenheid verwelkom JF vir juffrou Ninelle Jordaan, of soos sy dit verkies: juffrou Nini.

Sy kom al die pad van Kimberley en gee al vir tien jaar lank skool, maar sy wou nie altyd ’n onderwyseres word nie. Haar passie het begin toe sy as student ’n netbalspan afgerig het, en toe besef het dat sy ’n liefde daarvoor het om kinders te help groei en ontwikkel.

Juffrou Ninelle gaan Wiskunde Gelettertheid vir Graad 10 tot 12 gee, en in 2024 is haar registerklas graad 8F.

Sy sê: “Ek hoop dat JF ’n skool met entoesiastiese leerders sal wees wat trots is op die skool en alle aktiwiteite met daardie gesindheid sal aanpak.” Vir haar is die beste deel van onderwys ongetwyfeld om te sien hoe leerders hulle potensiaal besef en uiteindelik bereik.

Hierdie juffrou is ’n groot boekwurm, maar sy hou ook van die buitelug en sport. Nog ’n interessant brokkie inligting is dat sy ook kreatief is, en haar kreatiwiteit uitleef deur rokke en klere te maak. Haar ‘guilty pleasure’ is om aanlyn-inkopies te doen. Juffrou Ninelle is groot op eerlikheid, wat een van ons skool se waardes is, so sy sal perfek hier inpas!

As sy op ’n verlate eiland gestrand was, dink sy dat sy nie sonder musiek sou oorleef nie, dis nou natuurlik buiten kos en water!

Abraham Lincoln het gesê: ‘We can complain that rose bushes have thorns, or rejoice because thorns have roses.’ Dit is die positiwiteit waarmee juffrou Nini lewe.

Haar gunsteling-Bybelversie is Romeine 12:6-8 [6]: “Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. As dit die gawe van profesie is, laat ons dit gebruik in ooreenstemming met die geloof wat ons bely. [7] As dit is om te dien, laat ons dien. As dit is om onderrig te gee, laat ons onderrig gee. [8] As dit is om mense te bemoedig, laat ons hulle bemoedig. As ons gee, laat dit sonder bybedoelings wees. As ons leiding gee, dan met toewyding. As ons ander help, dan met blymoedigheid.”

Ons is baie opgewonde dat hierdie fantastiese juffrou en mens by ons gaan aansluit, en ons wens haar baie voorspoed toe.

Deur: Theani Botha

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *