JF OESTER

Hulle weet nou wat ons weet – Opedag 2024

by | Mar 13, 2024 | 0 comments

Berig deur: TWANE MEYER
Foto: Joané Kietsman

Ons Jim Fouché-familie het op Vrydag 8 Maart laerskole regoor die stad genooi om ‘n bietjie vir ons te kom kuier.

Die graad 8- tot 10-leerders van Jim Fouché het die laerskole by die hoofpawiljoen ontvang en vir hulle gewys dat ons dié skool met gees is! Terwyl hulle ‘n ‘toer om ons skool gevat het,’ het die graad 11- en 12-leerders hulle in die saal ingewag, waar hulle saam met die Teambo-span geraas gemaak het. Ons kan definitief sê dat ons almal se litte lekker los gemaak is en ons ritme bietjie getoets is! ’n Eksperiment is daarna in die saal uitgevoer, wat definitief ’n paar leerders hoër as die boks self laat spring het!

Die amptelike verwelkoming en opening is deur ons hoof- en onderhoofleiers waargeneem. Daarna het meneer Wilken die verhoog met trots bestyg, ’n bietjie meer van ons skool vertel en met al ons mooi prestasies gespog: van elke wedstryd wat gewen is, elke medalje wat uitgedeel is, akademiese toekenning wat behaal is, en bowenal, van die toewyding, bloed en sweet, wat nodig was om hierdie drome waar te maak.

Sweet Caroline, wat nou al ’n tradisie geword het hier by Jim Fouché, is uit volle bors gesing deur die hele skoolsaal. Daarna het die voorstelling van elke sportsoort en kultuuraktiwiteit plaasgevind. Die JF akkers het ook vir ons n paar ‘moves’ kom gooi en die goue stemme van die Bellissima-groep het vir hoendervleis gesorg!

Meneer Wilken moes ook toe natuurlik sy “dad joke” met ons deel: “Wat is die voordele van getroud wees met ’n bokser? Hy lyk anders na elke fight.” Op hierdie noot het ons rasieleiers van 2024 die saal binnegekom met hulle ikoniese Dricus du Plessis-uitrustings en ons weereens kom wys presies net wié gees het!

En hiermee het die “advertensieflits” (soos meneer Wilken dit stel) tot ’n einde gekom, en baie tevrede (en opgewonde!) graadsewes het teruggekeer na hul onderskeie skole.

Hoërskool Jim Fouché nooi nou alle ouers en toekomstige JF’ers weer uit om ons op 15 April 2024 vir die Ouerinligtingsaand te kom besoek.

Kurt Darren sing in sy enkelsnit: “Hulle weet nie wat ons weet nie,” maar Bloemfontein se graadsewes weet nou beslis wat ons weet!

Ons as ‘n JF-familie kan nie wag om julle met ope arms in 2025 te ontvang nie!

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *