JF OESTER

JF se eerste krieketspan beleef goeie seisoen

by | Mar 13, 2024 | 0 comments

Berig deur Theani Botha

In verskeie vertonings van pure oorheersing het Jim Fouché se eerste krieketspan hul vaardighede op die veld ten toon gestel met ’n reeks indrukwekkende oorwinnings.

Hulle het tot dusver 27 t20-wedstryde gespeel, waarvan hulle 15 gewen het. Kom laat ons in hulle top 3 wedstryde induik:

Met hul wedstryd teen Grey het die eerste krieketspan die toon aangegee vir hul veldtog met ’n goeie oorwinning. Hulle het die opponente tot 147 lopies beperk. JF het hierop gereageer met met 148 lopies en die verlies van net een paaltjie.

Teen Fichardpark het JF ’n skitterende wedstryd op die veld gelewer. Ten spyte van ’n gedugte teenstander, het die span gewen met 148/5 teen 147. En derde in die top 3-wedstryde, het die span teen Saint Andrews gespeel en gewen met 143/4. Die opponent het net 101 lopies aangeteken.

Hulle gaan in Junie na Rustenburg toer, en in September na Mosselbaai, en volgens Cobus Wilken is Kaapstad ook op die “bucket list.” Hierdie span kan egter nie net goed krieket speel nie, maar het ’n sin vir humor ook, veral met Marco de Lange en Pieter Conradie in hulle span!

Volgens die span speel hulle op hulle gemaklikste op Grey College se krieketveld. Hulle steur hul duidelik nie aan “tuisterreinvoordeel” nie, maar slaan die bal uit die park uit (spreekwoordelik, natuurlik), maak nie saak waar hulle speel nie. Volgens die Oester se bronne is Lian Theron die beste bouler en Adrian de Necker die beste kolwer in die span . Die eerste krieketspan het ook baie goeie leiding met Lian Theron en Pieter Conradie as medekapteine en mnr. Thiardt Ingram as afrigter.

Die eerste krieketspan maak JF trots!

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *