JF OESTER

Voortrekkers groet ‘n legende

by | Mar 4, 2024 | 0 comments

Daar is so baie dinge in die lewe wat moeilik is om te sê, maar min so moeilik soos die woord “totsiens.”

In die afgelope tyd moes soveel mense vir oom André Grobbelaar, by die Voortrekkers baie meer bekend as oom Botter, koebaai sê. ’n Goeie man, pa, broer, vriend, kollega en geliefde Voortrekker-offisier – dis wat hy vir verskeie mense was voordat hy tragies in ‘n motorongeluk oorlede is.

Oom André het diep spore in die harte van menigte Voortrekkers getrap. Hy was die graad 10-seuns (Die Ape) se offisier en almal het hom geken as die grapjas van die jaar, maar altyd vriendelik en ywerig om te help. Hy het so baie vir soveel mense beteken.

Nie net was oom André ‘n wonderlike toevoeging tot die Voortrekkers nie, maar ook ’n geliefde familieman. Hy en sy vrou, tannie Ronel Grobbelaar, was saam by die Voortrekkers betrokke gewees en hy was altyd daar om haar en sy dogter – Leandré Grobbelaar (Graad 11) – te ondersteun.

Almal wat hom geken het, sal daarvan kan getuig dat hy so lief vir sy familie was, en ons innige meegevoel gaan aan almal wat geraak is deur sy afsterwe. Oom André sal altyd onthou word as die vriendelike, goedhartige en ongelooflike snaakse mens wat ons almal se harte bly gemaak het.

Rus sag, oom Botter. Ons mis jou al reeds.

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *