JF OESTER

15-30-40-Deuce!

by | Apr 20, 2024 | 0 comments

Foto: Graad 12B by die Paddle-baan by Olive Ridge

Paddle ball is die nuutste sportsoort wat Suid-Afrika die afgelope twee jaar weer na buite gelok het. Dit is ’n kombinasie van tennis en muurbal. Die verskil tussen paddle en tennis is:

Die baan is kleiner.
Die rakkette is nie gesnaar nie, maar het ’n soliede oppervlak.
Paddle ball is minder tegnies as tennis en makliker om baas te raak, daarom kan enige iemand dit dadelik geniet!
Die puntetoekening werk dieselfde as wat tennis se punte werk. 15-30-40-Deuce-Advantage, en dan wen jy die pot.

Die Graad 12B’s was bevoorreg om die afgelope week vir hulle LO-sportpunt paddle te gaan speel. Hulle het vir ’n uur lank, as deel van Olive Ridge se bemarking, by hierdie bane gaan paddle speel.

“Juffrou Suanne het baie moeite gedoen om te verseker ons perspektief oor LO-sport verbreed,” vertel Joné Theunissen.

Hier volg kommentaar van ’n paar lede van die gr. 12 B-klas:

“Paddle was ‘n unieke ervaring. Ek het al tennis gespeel, maar nog nooit paddle nie, my verwagtinge vir paddle was redelik laag omdat ek gedink het dit gaan net soos tennis wees, maar dit het my verwagtinge weg geslaan. No pun intended ̶ soos ek die bal so ’n paar keer amper weggeslaan het!”

“Paddle is definitief ‘n lekker spanport. Dit was lekker om ‘n bietjie iets anders te doen en saam met die klas iets nuuts te probeer. Ek is baie dankbaar vir juffrou Suanne wat alles vir ons gereël het.” Eduan van der Westhuizen

“Die paddle was vir my verskriklik lekker. Ek het dit baie geniet, want dit was net so bietjie ’n escape van al die verantwoordelikhede by die skool en waar jy net kon fun hê saam met jou vriende, en natuurlik oefening ook inkry! Dit was ook die eerste keer wat ek dit gedoen het, maar ek gaan dit definitief meer begin speel!” Karien Froneman

“Die paddle saam met my klasmaats was ’n lekker ervaring.Dit was lekker om te sien hoe almal dit geniet, al het hulle dit nog nooit gespeel het nie.” Nelri Venter

Die Graad 12B’s wil net weer vir juffrou Suanne dankie sê vir al haar moeite en liefde vir die LO-vak; sy maak die klas opwindend!

So JF, gaan doen jouself ’n guns en gaan kyk self wat die groot aantrekkingskrag van dié nuwe, opwindende sportsoort is.

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *