JF OESTER

Boeke nie net vir pliggies nie

by | Apr 5, 2024 | 0 comments

Daar is niks beter as om op ’n Maandagoggend wakker te word met die wete dat daar geen bekommernisse van skool is nie, want dit is amptelik vakansietyd! Nou natuurlik bring die woord “vakansie” in sommiges se koppe “jol” maar vir ander is dit net om te ontspan met ’n goeie boek in die hand.

Gelukkig hoef jy nie op te hou lees wanneer die vakansie verby is nie, want ’n goeie boek sal jou ewige metgesel wees!

Kom ek vertel jou van die voordele van lees. Lees verbreed jou kennis en jou woordeskat, wat jou vir seker sal help om die wêreld beter te verstaan. Kom ons wees eerlik, ons almal het al in daardie Afrikaanstoets gesit en gedink “Hoe moet ek weet wat hierdie beteken?”

As jy ’n leser is, het jy vir seker ’n voorsprong, want jy weet lankal hoe om woorde se betekenisse binne die konteks te interpreteer.

Uit my persoonlike ervaring kan ek sê dat lees geluk bring! Dit help my om te ontsnap van al my bekommernisse, al is dit net vir ’n paar uur. Lees maak wêrelde oop – ook fantasiewêrelde wat jy nooit geweet het bestaan nie. As jy lees word die woorde nie meer net swart simbole op papier nie, maar dit word lewendig in jou kop en jy skep jou eie beeld van die karakters en hulle wêreld.

Om te lees kan jou as persoon op ’n emosionele vlak ook ontwikkel. Dalk het die boek wat jy lees baie te doen met die ervarings wat jy al beleef het – en miskien kry jy net die oplossing vir jou eie probleem of jy leer om beter daarmee te cope.

Elke persoon het ‘n boek daarbuite wat vir hulle geskryf is, jy moet dit net opspoor! Partykeer, wanneer jy dit die minste verwag, kan ’n boek jou so onkant betrap dat jy jouself vang met ‘n traan wat oor jou wang rol. En wanneer jy die boek neersit, verlang jy na die karakters.

Paulo Coelho het gesê: “Tears are words that need to be written.”

Daarom is lees nie net vir “pliggies” nie, maar vir elke persoon wat wil ontsnap, al is dit net vir ‘n paar hoofstukke.

Artikel deur: Adele Pienaar

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *