JF OESTER

Die Lig van Hoop vir Nuwe Saadjies

by | Apr 29, 2024 | 0 comments

Foto: J..F.., JF BO! (Rasies, VRL en graad 7’s vang gees) – Jani vd Merwe

In die skemer van die 15de April 2024, het die skoolhek van Hoërskool Jim Fouché oopgeswaai om die nuwe saadjies (en hul ouers) van skole regoor Bloemfontein te verwelkom vir die jaarlikse Graad 7-Ouerinligtingsaand.

Hierdie saadjies se twyfel het vinnig weggesmelt toe die VRL, onderwysers en passievolle leerders van Jim Fouché hulle ontvang en verwelkom het.

In ‘n ruimte deurdrenk met beloftes en potensiaal, is die opwindende gees van die aand aangevul deur die nuwe saadjies aan ons multikulturele skool voor te stel. Elke sport, kultuuraktiwiteit en sommige vakke is gebruik om hierdie saadjies te wys net hoe grensloos ons skool regtig is.

Vir hierdie nuwe saadjies, nog nie ontkiem in die volheid van hul potensiaal nie, is die toekoms soos ‘n onmeetbare horison wat wag om ontdek te word.

Maar te midde van die onsekerheid is daar ‘n onsigbare krag wat diepte gee aan elke tree, elke keuse, en elke droom. Dit is die krag van moed. Die moed om te groei, om te floreer, om te wees.

Vir die nuwe saadjies wat vandag die belowende reis begin, is moed nie net ‘n woord nie; dit is ‘n lewensfilosofie. Dit is die krag wat hulle elke dag sal aanmoedig om die onbekende te omhels, om hul eie stemme te vind te midde van die lawaai van die wêreld, om hul eie lig te laat skyn ten spyte van die donker.

Tydens hierdie Ope-aand is daar ’n belofte van hoop gebied; ‘n belofte dat elke struikelblok ‘n tree nader aan sukses is, elke uitdaging ‘n geleentheid vir groei, en elke droom ‘n moontlikheid om bewaarheid te word.

Aan die nuwe saadjies van Hoërskool Jim Fouché, mag hierdie aand ‘n huldeblyk wees aan die krag van moed wat in jul harte brand. Mag dit ‘n herinnering wees dat julle toekoms nie beperk word deur die grense van die hede nie, maar deur die omvang van jou verbeelding en die diepte van jou moed.

Mag ons skool vir julle leer dat in die skemer van die onsekerheid, skyn die lig van hoop die helderste vir diegene wat die moed het om dit te sien.

Liewe graadsewe-saadjies, mag julle by Hoërskool Jim Fouhcé saai om te oes!

Berig deur: Lisa Botha

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *