JF OESTER

JF se Raakpraters!

by | Apr 24, 2024 | 0 comments

“Voorsitter, dames en here,” hiermee ’n paar van Jim Fouché se redenaarsgebeure. Ek glo vas dat JF sprekers kweek wat elke kompetisie domineer, en bewys graag hierdie standpunt aan die hand van die volgende argumente.

2024 se voorbereide toespraak onderwerpe vir die juniors is kantlyn, meulsteen of boekmerk. Metafoor, visie of paradoks is die seniors s’n. Leerders moet in hierdie onderwerpe duidelike oortuigingsfaktore opsom in ’n 7 minuut lange toespraak. Hierdie verwagtinge skrik egter geen JF-leerder af nie. Vanjaar het JF ’n fenonemale 34 sprekers, en hulle lippe is aan die brand! Moenie sommer ’n argument met hulle begin nie; hulle is lús vir oorreed! Kom ek wys jou hoe presteer ons sprekers selfs al so vroeg in die jaar.

Die eerste redenaarskompetisie waaraan JF se leerders deelgeneem het, was Radikale Redenaars op 6 Maart 2024. Dit was ’n aanlynkompetisie en JF het uitmuntend presteer met 17 leerders (vir voorbereide toesprake en prosa lees) wat deurdring na die streeksfinaal wat op 4 Mei by Oranje Meisieskool gaan plaasvind.

Die tweede kompetisie waar JF uitgeblink het, was OppiTongAf (15-19 April 2024). Hierdie kompetisie was deur middel van ZOOM gedoen. Die uitslae spreek vir hulself: JF het 5 senior leerders gehad wat A++’e behaal het. Dit is ’n toespraak met ’n punt bo 90%. Die onvoorbereide redenaars sprekers het ook by “Die Goue Tong,” waar hulle ’n skamele výf minute voorberedingstyd het, uitstekend presteer met twee A++’e.

Op 1 Mei 2024 gaan 16 leerders JF by Witteberg by die ATKV-kompetisie verteenwoordig. Ons wens elke leerder soveel sterkte toe. Ons weet julle gaan JF se naam hoog hou.

“Voorsitter, dames en here”, hiermee sluit ek af: JF se sprekers domineer die redenaarskompetisies met hul oorredingvermoëns, goeie stemgebruik en insig in hul argumente.

Deur: Ansje Bekker

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *