JF OESTER

JF skitter teen Diamantveld

by | Apr 24, 2024 | 0 comments

Foto: Só speel mens mos rugby !! Wat ń wedstryd… Dié 0/15A span het ń blink toekoms voor hulle en wen Diamantveld 22 – 19. Christaan Jacobs (bullet) van JF 015A wat die drie gedruk het. Jani vd Merwe & Emily.  Marx

Op 20 April 2024 het Hoërskool Jim Fouché se sportterrein gegons met opgewonde leerders, gereed om op die velde uit te draf en hul onderskeie wedstryde teen Hoërskool Diamantveld in die Wesgrow-reeks te speel. Dit was nie net die leerders nie, maar ook ondersteuners wat hul vriende, familie en skool breëbors kom ondersteun het.

Elke leerder het passievol gespeel, ten spyte van ’n paar foute en beserings.

Met die uitstekende kommentaar van die gehoor en afrigters, het elke speler met ’n glimlag van die veld afgestap, trots op hulself en hul spanmaats.

Die hokkieseuns het skoonskip gemaak, terwyl die hokkiedogters slegs een wedstryd verloor het. Die netbaldogters het ook baie goeie uitslae behaal, met ’n uitstekende telling van 47 – 37 in JF se eerste span se guns. Die rugby het wel ’n bietjie swaar getrek, maar die 0/15’s het gewys wat in hulle steek en albei wedstryde gewen.

En dan, saam met al die opwinding was daar stalletjies met die heerlikste eet- en drinkgoedjies te koop. En met al die honger ondersteuners en spelers was dit beslis een van die besigste plekke op die sportterrein.

Aan die einde van ’n uitgeputte, maar bevredigende dag, kan ons maar net een dank daarvoor, en vir al die seëninge wat Hy vir ons gegee het deur die loop van die dag. Ook kan ons ’n groot dankie gee aan ons afrigters, personeel en spelers wat die instrumente was om Hoërskool Jim Fouché se naam hoog te hou.

Deur Elshari Pietersen

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *