JF OESTER

NOG ’N SUKSES VIR DIE JONG ENTREPRENEURS VAN HOËRSKOOL JIM FOUCHÉ.

by | Apr 17, 2024 | 0 comments

Jy kon dit sommer aanvoel, die opgewondenheid van die leerders wat aan JF se jaarlikse markdag sou deelneem. Op die stoepe is daar gegons oor wat beplan word. Juffrou Betsie en haar span sit jaarliks soveel moeite daaraan om van hierdie dag ’n sukses te maak, en 2024 was geen uitsondering nie.

Op 8 April 2024 het die entrepreneurs van JF wonderwerke verrig met hulle verkope by die skool. Die ondersteuning van hulle vriende en vriendinne, en selfs die onderwysers, het ’n groot invloed op hierdie dag gehad.

Jim Fouché het hierdie keer behoorlik uitgehaal en gewys met meer as 32 stalletjies. Dit het katte en honde gereën, maar dít skrik nie ’n JF’er af nie – veral nie een wat lus is vir pannekoek nie! Toe die klok vir pouse lui, het almal gehardloop om onder die afdak te kom en eerste in die ry te staan vir al die heerlike verversings.

Leerders het hulle oumagrootjie se soetkoekies verkoop, tot stomende koffie en smullekker pannekoeke. Vir sommige was ’n tradisionele jaffle die hoogtepunt. Met tuisgemaakte juweliersware en selfs haartoebehore, was daar meer as genoeg om van te kies en te keur. Leerders wat, ten spyte van die reën, in groot getalle van een stalletjie na die volgende een beweeg het om te sien watter skatte of lekkernye hulle met hul laaste R5 of R10 kan koop, spreek boekdele oor hierdie dag.

Natuurlik kan ons nie vergeet van die wonderwerke wat JF doen om diegene in nood te help nie deur JF se eie “thrift shop” waar leerders teen spotgoedkoop pryse ’n mooi kledingstuk of ietsie warms vir die winter kon koop.

Jy kan werlik sê dat hierdie dag ’n REUSEsukses was, nie net vir Hoërskool Jim Fouché nie, maar vir al die jong entrepreneurs van die skool.

Berig deur: Adele Pienaar

Oester KAF Jul 30, 2024

Drama – Waaroor die bohaai?

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie? Ons almal ken...

Oester KAF Jul 30, 2024

10 Wenke Om Hoërskool Te Oorleef

Om vyf jaar van hoërskool te oorleef, klink dalk soos iets wat bo jou vuurmaakplek is, maar vat dit nou van iemand wat al vir amper drie jaar redelik gemaklik deur hoërskool is – dit is makliker as wat jy dink! Volg hierdie tien beproefde wenke, en sien hoe ’n...

Oester Nuus Jul 17, 2024

Provinsiale kamp groot avontuur

Toe breek die bus. Berig deur: Gé Coetzee Die Kwaggas het die afgelope vakansie vanaf 14 tot 17 Junie die Vrystaat se jaarlikse Provinsiale kamp te On Track bygewoon. Ja, dit beteken ons vakansie het eers na almal anders s’n begin! Sewe klubs uit die Vrystaat het...

Oester Nuus Jul 16, 2024

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Vat Vlam belowe groot opwinding Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer...

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *