Hou jou op hoogte met JF
NUUS
Wanneer dag in nag gehul word: 2024 se sonsverduistering
Op die 8ste April, oor groot dele van die Verenigde State, het dag in nag verander vir die eerste keer in sewe jaar. Die maan het vir ongeveer vier minute tussen die son en die aarde inbeweeg en ’n skaduwee oor die aarde gegooi.
Beroepedag wys die pad na sukses
Wat dit ook al mag wees – iewers daarbuite is ’n beroep vir jou, en gelukkig vir ons, het Hoërskool Jim Fouché op 8 April 2024 ’n Beroepedag aangebied.
NOG ’N SUKSES VIR DIE JONG ENTREPRENEURS VAN HOËRSKOOL JIM FOUCHÉ.
Jy kon dit sommer aanvoel, die opgewondenheid van die leerders wat aan JF se jaarlikse markdag sou deelneem.
Bou om te breek: JF presteer by Provinsiale Brugboukompetisie
Op die 6de April het JF geskitter in die Wesgrow Sportreeks. Drie spanne het deelgeneem aan die jaarlikse Vrystaat-Brugboukompetisie, en uitstekende prestasies is gelewer.
Hulle weet nou wat ons weet – Opedag 2024
Ons Jim Fouché-familie het op Vrydag 8 Maart laerskole regoor die stad genooi om ‘n bietjie vir ons te kom kuier.
Eerstes en Laastes
Voortrekkers groet ‘n legende
JF BO, ALTYD SO!
Hierdie jaar se Interhoër Gala, gehou by Grey College, was definitief een vir die boeke! JF’ers, miskien weet hulle nóú wat ons weet: JF BO ALTYD SO!










